TotalEnergies Langebaan het sy amptelike heropening van sy rybaan, winkel, Steers en Cafe Bonjour op Vrydag 1 September bekendgestel. Groot opgewondenheid het geheers en positiewe energie was volop. Volgens Wikus Naude, die handelaar van TotalEnergies Langebaan, glo die onderneming dra by tot die ontwikkeling van die dorp. “Dis ’n plek waar mense bymekaarkom en welkom is.” Naude bedank die fantastiese klante wat TotalEnergies Langebaan ondersteun, sowel as die bestuurder, Isabel de Wet, vir haar en die span se harde werk. “Sy is ’n ystervrou en ’n staatmaker. Saam met die personeel maak hulle van alles ’n sukses” Bo staan Naude en knip die lint saam met Charmaine Laubscher (onderburgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit). Foto:


Opgeknapte vulstasie heropen

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article