Weslander se personeel deel ‘n paar van hul gunstelingresepte vir hierdie feestyd:

Vir Yvette Smith is dit heerlike donkersjokolademousse:

Bestanddele

100 ml water

50 g suiker

100 g glukose of heuning

400 g donkersjokolade

500 ml room

Metode

1. Bring glukose, water en suiker in ‘n kastrol tot kookpunt.

2. Voeg die donkersjokolade by die

vloeistof tot glad.

3. Verwyder uit die kastrol en plaas dit in ‘n groot mengbak en laat dit effens afkoel.

4. Klits die room in ‘n aparte bak.

5. Klits ‘n derde van die room by die mengsel. Vou die oorblywende room by die mengsel in.

6. Gooi in glase/bakkies en laat dit in die yskas stol. Voeg seisoenale vrugte by vir versiering. (Bron: Lindt Chocolate Studio)

Yvette Smith.

Vir Alida Buckle is dit dié Desember ‘n Eggnogg-resep.

Bestanddele

8 eiergele

1 koppie suiker

750 ml melk

500 ml room

1 teelepel vanielje-ekstrak

2 teelepels gemaalde neutmuskaat

2 teelepels gemaalde kaneel

1 koppie amarula

½ koppie rum

Metode

1. Klits eiergele en suiker tot heeltemal gemeng; hou dan eenkant.

2. Bring melk, room, vanielje-ekstrak, neutmuskaat en kaneel tot kookpunt oor medium hitte.

3. Voeg die vloeibare mengsel stadig by die eiers en hou aan klits.

4. Voeg terug in die pot en prut vir vyf minute terwyl jy roer.

5. Verwyder van die hitte, voeg

Amarula en konjak/rum by en roer. Laat dit heeltemal afkoel en verkoel dit dan oornag in die yskas.

6. In die oggend, plaas dit in ‘n voedselverwerker en meng vir ‘n minuut voor opdiening.

7. Garneer met gemaalde neutmuskaat en/of kaneel. (Bron: Dine with Tasha)

Alida Buckle.

Madelie van Tonder deel ‘n Marokkaanse koeskoes-slaai:

Bestanddele

1 koppie koeskoes

water

1 rooi ui

groen, rooi en geel soetrissies

1½ fetakaas-wiel

1 blikkie perskes

vars pynappel

vars koljander

blikkie heel mieliepitte

Metode

1. Gooi die koppie koeskoes in ‘n redelik groot bak.

2. Kook water en gooi by die koeskoes. Die water moet die koeskoes ‘n bietjie bedek.

3. Bedek die bak en laat die water in die koeskoes intrek.

4. Ná so 15 minute, roer die koeskoes deeglik met ‘n vurk om dit los van mekaar te maak.

5. Braai die soetrissies (laat afkoel).

6. Voeg by: Die rooi uie; drie halwe perskes, opgesny; vars pynappel in klein blokkies gesny (2 wiele); koljander fyn gesny; blikkie mielies en fetakaas.

7. Garneer met swartpeper, sout en Aromat (gewone en bief-Aromat).

Sit voor as bykos. (Eie resep).

Madelie van Tonder.

Stefan Kolver deel sy heeljaargunste-

ling, kerrienoedelslaai:

Bestanddele

500 g pasta

1 groot ui

1 groot soetrissie

Vir die sous

250 ml tamatiesous

200 ml suiker

125 ml olie

125 asyn

25 ml kerrie

7 ml sout

2 ml swart peper

Metode

1. Kook die pasta tot dit gaar is.

2. Meng die gekapte ui en soetrissie saam met al die bestanddele van die sous deeglik deur.

Wenk: Hoe langer dit staan voordat dit opgedien word, hoe lekkerder raak dit.

Stefan Kolver.

Linda Luyt deel haar heerlike Fluweeltert:

Bestanddele

1 liter melk

6 eetlepels botter

4 eiers

1 koppie meel

1 koppie suiker

1 pakkie tennisbeskuitjies

2 tertborde

Metode

1. Pak tennisbeskuitjies in tertborde.

2. Maak 1 liter melk warm in mikrogolf.

3. Meng vier eiergele en botter saam.

4. Voeg die warm melk by die botter en eiergeelmengsel.

5. Voeg suiker en melk by en meng goed.

6. Gooi alles in ‘n kastrol.

7. Plaas op stoofplaat en roer aanhoudend totdat dit dik raak en begin prut.

8. Skep mengels in tertborde.

9. Klits eierwitte styf en smeer oor mengsel in tertborde.

10. Bak by 180 °C vir 15-20 minute. (Eie resep).

Linda Luyt.

Noluvu Ludidi deel haar gunsteling- lamsboudresep:

Bestanddele

Lamsboud van 2 kg

2 vars suurlemoene, in kwarte gesny

2 uie, in kwarte gesny

2 bolle heel knoffel, geskil

6 vars roosmaryntakkies

2 eetlepels seesoutvlokkies

1 teelepel gekraakte swartpeper

250 ml witwyn

250 ml beesvleisaftreksel

Metode

1. Verhit die oond tot 180 °C.

2. Sny die vel van die lam in en geur dit mildelik met sout en peper.

3. Plaas die lam in ‘n braaipan en voeg die suurlemoene, uie, knoffel en roosmaryn by.

4. Drup 1-2 eetlepels olyfolie oor.

5. Gooi die wyn en aftreksel in die pan, bedek dan met ‘n deksel/of foelie en plaas in die oond.

6 Laat dit vir 20 minute by 180 °C braai, verlaag dan die hitte tot 150 °C en laat die lam vir 4-5 uur braai totdat die vleis van die been afval. Kontroleer die vleis elke uur of so en voeg vloeistof by indien nodig.

7. Wanneer die lam gaar is, verwyder die foelie of deksel en verhoog die hitte tot 200°C en laat die lam bruin word.

8. Haal die lam uit die oond wanneer dit bruin is en bedek weer met die foelie/deksel en laat dit minstens 20 minute rus.

Sny en sit voor. (Bron: Woolworths)

Noluvu Ludidi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article