Die Kankervereniging van Suid Afrika (Kansa) het verlede maand (Saterdag 26 Julie) Vrywilligersdag ter viering van sy vrywilligers aangebied.
Die geleentheid het by die NG kerk Hopefield met Kansa-vrywillers van die streek plaasgevind.
Die tema vir die Vrywilligersdag was “Verlig die pad; lei die verandering” – ‘n kragtige eerbetoon aan die vrywilligers wat die ekstra tree in hul diens gee.
Die dag is aangebied om erkenning te gee aan Kansa-vrywillers, die onbaatsugtige helde wat die weg verlig en die verandering in die lewens van diegene wat deur kanker geraak word, lei.





