’n Graafmasjien lê op sy kant nadat dit van ’n vragmotor af geval het.


Soms is dit nie nét Maandae wat blou is nie – partykeer loop ’n mens ook op ’n Donderdag ’n bloutjie by die werk.

Dinge het verlede Donderdag (28 April) op ’n konstruksieperseel in St. Helenabaai ietwat skeefgeloop toe ’n groot graafmasjien van ’n vragmotor af getuimel het terwyl ’n konstruksiewerker die masjien probeer aflaai het.

Volgens die nooddiens West Coast Medical Rescue, wat hulp op die toneel verleen het, is niemand genadiglik in die voorval beseer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article