Percy Lee Janse (bo), ’n leerder van Weskus Skool en lid van die Langebaan-atletiekklub, en Ashali Pholman van die Hoërskool Weston asook ’n lid van Langebaan-atletiekklub, het Saterdag (16 Maart) aan die Wes-Kaapse Atletiekkampioenskap deelgeneem. Percy is as die Wes-Kaapse kampioen in die 1 500 m vir seuns o.15 aangewys. Ashali is as Wes-Kaapse kampioen aangewys vir meisies o.15 en is ook die nuwe rekordhouer in die 3 000 m met ’n rekordtyd van 10 minute en 20 sekondes. Albei het groot prestasies behaal. Foto:


Nuwe Wes-Kaapse kampioene

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article