Longacres Country Estate se blomme-staproete is Saterdag 3 September as deel van hul lentedagvieringe geopen.Foto:


Die lentedagvierings by Longacres Country Estate het Saterdag 3 September in samewerking met AfriForum se Weskus-tak plaasgevind.

Die vieringe het begin met die opening van die blomme-staproete in die groenstrook naby Loopstraat. Die staproete strek oor ’n afstand van net minder as 1 km.

Volgens Sidney Monk, die voorsitter van AfriForum se Weskus-tak, het die Longacres Country Estate se bestuursraad besluit om die staproete te ontwikkel nadat hulle bevind het ’n verskeidenheid inheemse plantspesies kom in die groenstrook voor en dit moet bewaar word. “Hierdie staproete is enig in sy soort aan die Weskus aangesien sowat 50 plantspesies reeds met identifikasieplaatjies gemerk is. Dit dui die botaniese name van die blommeprag aan.”

Die bestuursraad het AfriForum Weskus vir die borg van die plaatjies asook vir hul teenwoordigheid bedank. Hulle het ook Elite Coastal Landscaping, Liza Vos, Tertius Marais en Natgro Organics bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article