Mario Wessels (onderburgemeester) het die nuwe bergfietsroete amptelik geopen deur die seremoniële rooi lint te knip. Foto:


Bergrivier-toerisme het onlangs sy nuwe Redelinghuys-bergfietsroete op ’n gepaste wyse bekend gestel.

Opgewonde bergfietsryers het die asembenemende roete aangedurf nadat Mario Wessels, die onderburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, die seremoniële lint geknip het om die roete amptelik te open. Die Redelinghuys-Stoftrappers-dansgroep het onder andere die gaste by die geselligheid vermaak.

Die meerdaagse bergfietsroete begin by Piket-Bo-Berg en sny deur die klein plattelandse dorpies Redelinghuys, Aurora, Kapteinskloof en Goedverwacht.

Besoek Piketberg-toerisme by www.piketberg.bergriviertoeris­me.co.za of skakel 022 913 2063 vir nog inligting en ander besonderhede oor die nuwe roete.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article