Die publiek kom dikwels na die polisie met sake wat eerder deur die kleineisehof hanteer moet word.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisiekluster, wat 10 plaaslike polisiekantore insluit, moet diegene met dispute ten opsigte van die terugbetaal van lenings, huurders wat nie opdok nie of betaalde goedere wat nie ontvang is nie, altyd die kleineisehof nader, en nie die polisie nie, wanneer die waarde van die eis R20 000 of minder is.
Wanneer die eis meer as R20 000 is, kan die polisie betrokke raak. Elke saak word egter individueel hanteer en hierdie sake is dikwels eerder siviele aangeleenthede.
Helfrich het ’n paar wenke verskaf waarvolgens die publiek kan bepaal of hul eise vir die kleineisehof geskik is. Terugbetaling van geld wat geleen is
Wanneer jy R20 000 of minder aan iemand geleen het en die persoon het dit nie teen die ooreengekomde tyd terugbetaal nie, kan jy die saak na die kleineisehof neem. Die eis van goedere wat jou toekom
As iemand goedere by jou gekoop het en hulle het jou nie daarvoor betaal nie, kan die saak in die kleineisehof besleg word, mits die goedere se waarde nie R20 000 oorskry nie.Die eis van geld wat jou toekom
Wanneer jy ’n eiendom aan iemand teen R20 000 of minder verhuur en die persoon betaal nie sy huur teen die ooreengekomde tyd nie, is die saak geskik vir die kleineisehof.Afdwing van ’n eis gebaseer op ’n wettige dokument
As jy oor ’n wettige dokument beskik wat bewys dat iemand jou R20 000 of minder skuld, kan die kleineisehof genader word om die ooreenkoms af te dwing.Eis vir skadevergoeding
As jy in ’n botsing betrokke was en jy kan bewyse gee dat die ongeluk die ander bestuurder se skuld was, kan die kleineisehof moontlik help. Die waarde van die skade mag nie meer as R20 000 wees nie.Eise gebaseer op kredietooreenkomste
As jy ’n sakeonderneming bestuur wat geld aan mense leen en jou krediteure betaal nie hul geld terug soos ooreengekom nie, kan die kleineisehof genader word, mits die waarde van die eis nie meer as R20 000 is nie.Eise wat nie deur die kleineisehof hanteer word nie. Eise wat meer as R20 000 is;. Eise wat teen die staat of plaaslike regering is;. Eise wat teen ’n hofbevel of hofuitspraak is;. Eise wat die geldigheid van ’n testament betrek; . Eise wat vir die amptelike kansellasie van ’n huwelik is.


