Kobus Matthews se musiekvideo “Jy is alles” is by Captain’s Cabin in Saldanha verfilm. Die ander lede van die groep is Armon Niemand (kitaar), Pieter Fourie (tromme) en Shaun Evans (baskitaar). Chris Williams doen die kamerawerk. Foto: Verskaf


Dit is seker nie verbasend dat die Langebaaner Kobus Matthews, wat deur ’n musikale familie omring is, vandag ’n musiekkunstenaar is nie.

Sy musiekloopbaan het in 2014 ’n werklikheid geword. Matthews beskryf sy musiek in dieselfde genre as dié van Theuns Jordaan en Steve Hofmeyer.

Hy het onlangs sy nuwe musiekvideo vir sy liedjie “Jy is alles” in Langebaan en Saldanha geskiet. Die liedjie gaan oor ’n paartjie wat hul alles vir mekaar gee.

Die sanger verduidelik die inspirasie agter sy musiek kom van die alledaagse lewe en dinge wat rondom hom gebeur.

Hy sê musiekkunstenaars kry baie blootstelling en geleenthede om saam met ander kunstenaars op te tree. “Een van my hoogtepunte was toe ek saam met Steve Hofmeyr by Die Blou Hond in Pretoria opgetree het nadat een van my resepte gekies is om in die resepteboek Om die kombuistafelsaam met dié van Steve en ander bekendes te verskyn. Matthews het ook die geleentheid gehad om die voorskou te doen vir Bok van Blerk in Mosselbaai se stadsaal, waar hy ook die seremoniemeester vir die aand was. Dis om net ’n paar hoogtepunte te noem.

Een hoogtepunt sal hy egter nooit vergeet nie – toe hy vir sy pa kon sing voordat hy oorlede is.

Soos met almal het die pandemie die sakke van kunstenaars geruk en ’n stok in die wiel van hul optredes gesteek. Volgens Matthews sluit ander uitdagings ook die koste in om na vertonings te reis.

Hy moedig opkomende kunstenaars aan om te onthou dat almal op hul eie manier uniek is. “Moenie opgee nie. As jy by ’n optrede is en net twee mense daag op, sing asof dit 2 000 is.”. Matthews se nuwe musiekvideo wordVrydag 30 September op YouTube vrygestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article