’n Motorfietsryer is Saterdagoggend (25 Februarie) ernstig beseer in ’n botsing in Langebaan.
Volgens Elowayne Gouws van West Coast Medical Rescue, wat in die donker oggendure saam met die polisie op die toneel was, het medici ’n volwasse motorfietsryer met kritieke beserings ondersoek en behandel voordat hy na die hospitaal in Vredenburg geneem is.
“Weens die erns van sy beserings is ’n besluit geneem om die pasiënt na ’n traumafasiliteit in Kaapstad vir gespesialiseerde sorg te vervoer,” het Gouws verduidelik.
Netcare911 het die motorfietsryer met ’n helikopter na Kaapstad vervoer.





