Die toneel Woensdagmiddag waar ’n polisievoertuig en motorfiets teen mekaar gebots het op die Dwarskersbospad.

supplied

Motorfietsryer sterf ná botsing met polisievoertuig

Die toneel Woensdagmiddag waar ’n polisievoertuig en motorfiets teen mekaar gebots het op die Dwarskersbospad.

supplied

’n Motorfietsryer is Woensdagmiddag (16 November) dood nadat sy motorfiets teen ’n polisievoertuig op die Dwarskersbospad gebots het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het die botsing om ongeveer 16:40 op 16 November plaasgevind.

Helfrich sê twee polisiebeamptes van Lambertsbaai het van ’n vergadering af teruggekom en was onderweg terug na Lambertsbaai toe hulle voertuig en die motorfiets teen mekaar gebots het.

Die motorfietsryer is op die toneel oorlede en die twee ernstig beseerde polisiebeamptes is per ambulans na die Life Weskus Privaathospitaal in Vredenburg geneem. Hulle is egter later na ’n hospitaal in Kaapstad vir behandeling oorgeplaas.

Volgens Helfrich word die oorsaak van die ongeluk nog ondersoek.

’n Klag van strafbare manslag is by die polisie aanhangig gemaak.

  • Lees meer in volgende week se Weslander.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article