’n Motorfietsryer van die Weskus is vroeg Vrydagoggend dood nadat hy met sy motorfiets teen ’n groot klip naby die verkeersirkel by die Langebaan-gholflandgoed gebots het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Heinrich Bester (43) vermoedelik beheer oor sy BMW GS 650 Fundero verloor, Die ongeluk het omstreeks 03:30 gebeur.

Bester was voorheen verbonde aan die ontbinde motorfietsklub die Gypsy Jokers.

Helfrich het bevestig dat mediese noodpersoneel Bester op die toneel dood verklaar het.

Weslander het uitgereik na Bester se geliefdes, maar hulle wou nie op dié tydstip kommentaar lewer nie.

Geen verdere besonderhede oor die ongeluk is beskikbaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article