Vier internasionale Moedertaaldag op Maandag 21 Februarie.Foto:


Februarie is Moedertaal-maand en op Maandag 21 Februarie word Internasionale Moedertaaldag gevier.

Afrikaans.com gee ons meer insig oor die belangrikheid van moedertaalonderrig vir kinders en hoekom moedertaalonderrig kinders ’n voorsprong gee.

Ouers

Internasionale Moedertaaldag is ’n dag wat sedert 1999 ingestel is en sedertdien jaarliks gevier word. Maar hoekom al weer praat oor moedertaalonderrig? Dit is die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen – om hulle in hul moedertaal te laat skoolgaan. Hier is net ’n paar redes waarom ons jaar na jaar hieroor praat:

• Moedertaalonderrig gee jou kind die heel beste kans op sukses.

• Moedertaal vestig die basis vir kognitiewe leer en dus probleemoplossing.

• Hoe groter ’n kind se woordeskat, hoe beter leser en leerder word die kind.

• Navorsing het bewys dat moedertaal jou kind ’n leervoorsprong gee.

• Deur moedertaalonderrig word die gehalte van onderrig verbeter.

• ’n Mens verwoord jou gevoelens beter in jou moedertaal.

• ’n Kind verstaan moeilike begrippe in ’n vreemde taal makliker deur moedertaal.

• ’n Kind hoef nie in Engels skool te gaan om Engels aan te leer nie.

• Moedertaal bevorder veeltaligheid, mits die moedertaal goed gevestig is.

Wat kan ouers doen?

• Praat gereeld met jou kind in jou moedertaal, selfs voor geboorte.

• Stuur jou kind na ’n skool waar hy moedertaalonderrig kan ontvang.

• Dring aan op jou reg op moedertaalonderrig.

• Lees vir jou kind en brei so sy woordeskat uit.

• Moedig lees aan. ’n Goeie leser is ’n goeie leerder.

• Stel kinders bloot aan hul taal en kultuur. Leef in jou taal.

• Moedig die aanleer van nog ’n taal aan; veeltaligheid open deure.

• Wees trots op jou taal deur dit te praat en stel so ’n goeie voorbeeld.

• Respekteer ander se taal en kultuur.

• Jou moedertaal is wie jy is, dus: Praat dit, leef dit, lees dit!

Gaan lees gerus meer oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op www.afrikaans.com se leerhulpafdeling onder die hofie: Leer meer oor Afrikaans – Moedertaalonderrig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article