 ‘n Sestienjarige seun is verlede Woensdag om 14:30 ná die moord op ‘n 15-jarige seun in hegtenis geneem. Die twee was na bewering in ‘n stryery betrokke toe die verdagte die slagoffer in Arriestraat,

Saldanha, met ‘n mes doodgesteek het. Die verdagte het Vrydag in die hof verskyn.

Steeds in Saldanha – ‘n 19-jarige verdagte is verlede Donderdagmiddag aangekeer vir die besit van ‘n nagemaakte vuurwapen wat ‘n ronde in die magasyn gehad het. Die man het Vrydag in die hof verskyn.

In ‘n onverwante saak is nog twee verdagtes (26 en 31 jaar oud), ook van Saldanha, Sondagoggend om 00:45 in Bowlinestraat in Diazville vir die besit van ‘n selfmaakte vuurwapen aangekeer. Albei het Maandag in die hof verskyn.

 Die 24-jarige Morne Adams is Sondag om 04:25 naby Starkingstraat in Piketberg deur sy broer met ‘n mes aangeval en het aan sy beserings beswyk. Die slagoffer het gepoog om hulp te soek, maar het in die pad gesterf. Heinrich Adams (32) is op die toneel in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn.

 Die 35-jarige Ayabonga Madela het Saterdagaand omstreeks 23:30 in Patrysstraat in Moorreesburg aan sy wonde beswyk. Die oorledene het na bewering sy aanvaller se meisie vasgehou en dié het om hulp geroep. ‘n Struweling het tussen die aanvaller en Madela uitgebreek en Madela is met ‘n panga aangeval.

 Ketsepile Mohalefela (21) en Kekets Machaba (20) is in hegtenis geneem nadat hulle Vrydagoggend om 06:30 blykbaar ‘n winkel in Riverview, Citrusdal van R3 000 beroof het. Hul eerste hofverskyning was Maandag.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article