Die Kaap is baie bekend vir sy viswater en ek het familie wat aan die Weskus woon. Elke keer as ek vir hulle gaan kuier, vra ek hulle of daar nie vars vis te koop is by ‘n hawe daar naby nie, of ‘n varsviswinkel op een van die dorpe nie?

Hul antwoord is: Nee. Nie eens die plaaslike winkels het vars vis nie; alles is die bevrore boksies vis van – natuurlik – die groot vismaatskappye. Hoe is dit moontlik?

Die Weskus was dan vissersdorpe en gemeenskappe wat hul bestaan daaruit gemaak het? Het die Wes-Kaapse regering of die nasionale regering die vissersgemeenskappe se regte aan groot korporatiewe maatskappye verkoop? Het dié regerings dalk finansiële belang by dié maatskappye? Kyk wat het in Somalië se oseane gebeur en hoe hul waters leeg gehengel is. Op die ou einde het dit tot moderne seerowers gelei.

Dit is ‘n skande dat Suid-Afrika se mense en veral kusdorpe se mense nou ten duurste vir bevrore vis moet betaal, wat op ons agterstoep deur groot maatskappye uitgewis word, en hul staatsborge staan bakhand vir hul aandele.

Ek het gaan Google: “Why are there no more West Coast fisherman’s villages?”

Ek was geskok oor waarop ek afgekom het. Weer eens – die regerings tree nie in die gemeenskap se beste belang op nie (net soos met baie ander belange!) en ons en die hengelgemeenskap ly daaronder.

Henrique Binneman

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article