Darling kon in sy wedstryd teen Caledon nie raakvat nie.


Die derde Transnet/Saldanha- Paastoernooi het Maandag ten einde geloop en het op die laaste dag organiseerders rooi in die gesig gelaat. Wedstryde wat regstreeks op SuperSport uitgesaai is, het ’n bitter nasmaak gelos.

In die eerste voorval in die eindronde tussen Roses en die gasheer is vier spelers kort voor rustyd met geelkaarte van die veld afgejaag. Daar kon duidelik regstreeks gehoor word hoe een speler ’n ander dreig met “Ek skop jou in jou ma . . . dan baklei ons die wedstryd af.” Juvan August, kaptein van Roses, het in ’n onderhoud ná die wedstryd aan sy spanmaats gesê “I’m so f*cking” proud of you.” Organiseerders het egter gou ingespring en gesê voor die volgende toernooi moet daar eers werksessies met spanne gehou word.

Die toernooi het nie baie verrassings opgelewer nie, maar Darling het byna die grootste skok van die toernooi opgelewer toe hulle byna die verdedigende kampioen en gasheer, Saldanha, geklop het.

Die gasheer kon eers laat in die wedstryd ’n oorwinning verseker. Darling het egter daarna nooit van die skok herstel nie en het sy oorblywende twee wedstryde verloor en sodoende laaste geëindig.

Die eerste dag se uitslae is Roses 22 Robertson 7, Crusaders 34 Kuilsrivier 20, Caledon 26 Progress 42, Saldanha 20 Darling 18.

Dag twee het ook nie wafferse verrassings opgelewer nie.

Kuilsrivier het Robertson 23-20 geklop, Caledon 31-10 teen Darling, Roses klop Crusaders 34-21 en Saldanha klop Progress 17-14.

In die uitspeelwedstryd tussen Darling en Robertson vir die laaste plek het die melkboere erg uit die bus geval met 21-48. Kuilsrivier het met sy 52-33- oorwinning oor Caledon die vyfde plek behaal terwyl Crusaders die derde plek verseker het met ’n 33-20- oorwinning oor Progress.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article