– vervolg van bl. 1

Dié eenheid bestaan uit 12 lede wat veral tydens beurtkrag op hul pos sal wees.

Die beskadiging van munisipale infrastruktuur is ’n groot kopseer in beide die Saldanhabaai- en Bergrivier-munisipaliteite.

Beheerkamera-operateurs sal oor die Paasnaweek kringtelevisie-beeldmateriaal van die munisipale gebied 24/7 monitor vir enige moeilikheidsmakers. “Inwoners en besoekers word aangemoedig om roekelose en nalatige bestuurders en die vandalisering van munisipale infrastruktuur by die Saldanhabaai-munisipaliteit se beheerkamer by 022 701 6834 aan te meld,” moedig Lawrence almal aan.

’n Paar algemene padwenke:

. Laat jou voertuig deur ’n gekwalifiseerde werktuigkundige diens;

. Gaan alle ligte, aanwysers, ruitveërs, remme, die stuur, uitlaatstelsel en bande vir foute na;

. Maak altyd seker dat jy en jou passasiers vasgespe is;

. Hou ’n veilige volgafstand, dit sal jou genoeg tyd gee om te reageer in geval van ’n noodgeval;

. Kontroleer altyd jou blindekol voor jy van baan verander, selfs wanneer jy op ’n verlate pad ry;

. Wees altyd versigtig wanneer jy ’n spooroorgang nader. Maak seker dat jy stadiger ry en net voortgaan wanneer dit veilig is;

. Bly wakker en hou ’n ogie oor wat rondom jou gebeur;

. Wees altyd voorbereid. Dra ’n noodstel met items wat handig te pas sal kom as jy langs die pad gestrand is of in ’n ongeluk betrokke is;

. Wees bewus en op die uitkyk vir moontlike gevaarlike bestuurders en voetgangers langs die pad en hou weg van hulle; en

. Wees op die uitkyk vir slaggate en diere wat gereeld in die pad dwaal, veral in landelike gebiede.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article