Die Piketbergse man wat aangekla is van moord ná sy 81-jarige ma se dood in die Piketberg-hospitaal in Januarie, gaan om borgtog aansoek doen.

Andrew Bilson (54) het na bewering sy ma, Shirley Bilson, herhaaldelik geslaan. Hy het haar op Sondag 19 Januarie na die hospitaal gebring waar personeel onraad vermoed het.

Hy het op die vlug geslaan, maar is die volgende dag, Maandag 20 Januarie, vir ernstige aanranding in hegtenis geneem. Die aanklag is na moord verander ná sy ma se dood twee dae later (Dinsdag 21 Januarie). Hy kom voor op Dinsdag 11 Februarie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article