’n Onwettige vuurwapen, magasyn en patrone is Saterdagoggend in ’n bakkie onder die bestuurder se sitplek gevind.


Vier mense is in hegtenis geneem in verband met ’n vermoedelik gesteelde vuurwapen.

Tydens patrolliedienste op die R27 (Weskus-pad) in die omgewing van Vredenburg het die Weskus se landelike blitspatrollie Saterdagoggend net ná middernag ’n Toyota-bakkie gewaar wat baie verdag voorgekom het.

Die blitspatrollie het die bakkie laat stilhou en deursoek.

’n Vermoedelik gesteelde vuurwapen, waarvan die reeksnommers verwyder is, met ’n magasyn en patrone is onder die bestuurder se sitplek gevind. Drie mans van Kaapstad wat onderskeidelik 34, 25 en 23 jaar oud is, asook ’n vrou (29) van Vredenburg is in verband met die vuurwapen in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, word een van die drie mans met verskeie ander ernstige strafregtelike sake verbind.

Die vier verdagtes het Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article