’n Man is dood ná ’n botsing tussen twee voertuie vroeër Vrydagmiddag (5 April) by die berugte kruising wat die R27 Weskuspad en R45 by Vredenburg, met mekaar verbind.
Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik het een van die voertuie vanuit Hopefield se rigting gekom en wou die pad oorkruis toe dit teen ’n voertuig wat vanaf Velddrif in die rigting van Kaapstad gery het, gebots het. Die bestuurder van die eerste voertuig is op die toneel oorlede. Verkeer het aan albei kante van die pad vir etlike kilometers opgehoop.
Die oorledene se identiteit is nie op hierdie stadium bekend nie.





