Die lewelose liggaam van ’n onbekende man, vermoedelik iets in die veertig jaar oud, is Sondagoggend (8 Oktober) om 06:30 op die Weskuspad (R27) tussen die Buffelsfontein-wildplaas en die Weskus Nasionale Park gekry.
Paramediese personeel het hom op die toneel dood verklaar.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, is die man vermoedelik doodgery, want hy het veelvuldige beserings opgedoen.
Enigiemand met meer inligting oor dié voorval waarvoor ’n dossier van strafbare manslag geopen is, kan met AO Alwiso Adams van die Darling-polisie by 082 469 5823 in verbinding tree.




