Die hoop as langs ‘n klomp vullisdromme het vir mense verdag genoeg gelyk om die polisie te bel.

Hoop ‘menslike as’ by Ganzekraal langs R27 gekry

Die hoop as langs ‘n klomp vullisdromme het vir mense verdag genoeg gelyk om die polisie te bel.

Alida Buckle

Die Darling-polisie is tans besig om die onwettige storting van onverwerkte menslike oorskot naby Ganzekraal te ondersoek. Dit spruit uit die ontdekking van ‘n hoop as langs ‘n klomp asdromme op Vrydag 19 April langs die Weskuspad (R27) in die omgewing van Ganzekraal-vakansieoord.

Die as is vermoedelik dié van ‘n mens. Nadat die polisie die misdaadtoneel oorgeneem het, het die forensiese eenheid dit vir leidrade gefynkam. Leidrade waarop afgekom is, is vir forensiese ontleding gestuur. Die Darling-polisie het ‘n navraag geopen en ondersoek die saak. Bel kapt. Jonathan Otto by 076 669 0108.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article