Tydens ’n roetinepatrollie op Sondag 3 Julie om 16:35 naby die R27- en Hopefield-oorgang is ’n man (29) voorgekeer en deursoek. In sy besit is 26 x 9 mm-patrone, 25 x .38-patrone en twee magasyne gevind.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, het die man Dinsdag op aanklag van die besit van onwettige ammunisie in die Vredenburg-landdroshof verskyn.





