Saldanha se misdaadvoorkomingseenheid, die plaaslike Lions-klub, Glenview-straatwag en die Saldanha-buurtwag het donasies van oraloor ontvang waarna sop en broodjies Dinsdagoggend 8 November aan minderbevoorregte mense en kinders in Saldanha uitgedeel is.
Dié gedugte span het ook sop uitgedeel aan kinders by die White City-dagsorg.
Dié liefdadigheids- en misdaadvoorkomingsprojek se doel is om vertroue tussen die polisie en die gemeenskap te bou.




