Die feestyd is sinoniem met lekker eet!

Hier aan die Weskus is vele bobaaskokke wat met disse soos poedings, seekos en lamsboud kan toor.


Weslander het by ’n paar Weskussers gaan aanklop vir ’n resep of twee.

Beproef hierdie vakansietyd een van hier en beïndruk die gesin en gaste, b


yvoorbeeld die sjef Matthew Dreyden van Velddrif se appel-pannekoeke.

Hy sê hierdie is een van sy gunstelingdisse.



Bestanddele

125 g appel (dun gesny)

50 g meel

½ eier

125 ml melk,

10 g Marvello (gesmelt)

olie vir braai

25 g strooisuiker en

sout

Vanieljeroomys:

2 eiergele

250 ml vars room

1 ml sout

2,5 ml vanieljegeursel en

50 g strooisuiker

Metode vir vanieljeroomys

Klits die eiergele tot lig en donsig.

Gooi die suiker, sout en vanielje stadig by. Klits totdat die suiker opgelos het en die mengsel die kleur van room is.

Klits die room totdat dit dieselfde tekstuur as die eiermengsel het.

Klits die twee mengsels saam en gooi in ’n gevoerde broodpan.

Plaas oornag in die vrieskas.

Pannekoek- en appelmetode:

Meng die meel, eier, melk, gesmelte margarien en ’n knippie sout tot ’n beslag. Indien te dik, verdun met water. Maak seker dat jy die beslag deur ’n maassif druk om dit so glad as moontlik te maak.

Plaas die suiker in ’n droë pan oor ’n medium hitte totdat dit begin smelt en goudbruin word – moenie roer nie!

Voeg nou die appel by die pan en ’n bietjie water. Kook totdat die appels sag is en die karamel opgeneem het. Hou eenkant.

Verhit die olie in ’n crêpe- of omelet-pan oor matige hitte. Voeg die beslag by sodat dit net die oppervlak van die pan bedek en so dun as moontlik is. Sodra borrels begin vorm en die pannekoek van die kant van die pan af begin trek, draai liggies om vir ’n verdere 20-30 sekondes.

Keer uit en sit voor saam met die appels en vanieljeroomys.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article