Net 16 dae? Met die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog, wat Vrydag (25 November) begin het, is die vraag vir baie – wat van die ander 349 dae?

16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders is ’n wêreldwye veldtog wat geweld teen vroue en kinders teenstaan. Die tema vir 2022 is “Maatskaplik-ekonomiese regte en bemagtiging om veerkragtigheid by vroue teen geslagsgeweld en vrouemoord te bou.”

Dag in en dag uit is vroue en kinders die slagoffers van mishandeling, en baie voel die fokus op die veldtog moet reg deur die jaar geld. Mishandeling kan die kop uitsteek in verskeie vorms, hetsy dit emosioneel, fisiek, sielkundig of iets anders is.

Weslander het met twee slagoffers gesels wat hul ervaring gedeel het, en dit is skrikwekkend om te dink hierdie soort goed gebeur elke dag in ons samelewing.

So baie geld en aandag word net tydens die 16 dae daaraan bestee, maar watter uitwerking en verandering sal ons net nie sien as dieselfde energie reg deur die jaar ingespan word nie?

Kom ons maak ’n punt om nie net 16 dae nie, maar 365 dae hieraan af te staan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article