Die West Coast Lupus Warriors het Saterdag (3 Desember) ’n heerlike samesyn saam met die Northern Region Tygerberg Hospital Lupus-groep geniet. Die geleentheid het by Plaasmol Padstal in Hopefield plaasgevind. Verskeie gassprekers het meer oor die siekte bekend gemaak terwyl diegene teenwoordig ook raad oor die siekte onder mekaar uitgeruil het. Nog inligting oor siektes en simptome wat aan lupus gekoppel word, is gedeel. Volgens Carly Witbooi, ondervoorsitter van die West Coast Lupus Warriors, was die dag ’n reusesukses. Die groep het Plaasmol bedank vir hul gasvryheid en is ook dankbaar vir elke bydrae en skenking. Brigitte Makan, die voorsitter, sê die groep beplan om dit ’n jaarlikse instelling te maak. Foto:


Lupus-lyers gaan nou elke jaar só vergader

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article