Koester jy nie net hoop nie, maar ook ’n groot droom vir jou dorp? Met kykNET se splinternuwe program Lottoland help ’n dorp kan dit eersdaags veel meer as net ’n droom vir jou gemeenskap word.

In dié nuwe reeks gaan die Lottoland-span dorpe oor die land heen besoek en mense ontmoet wat ’n plan en ’n droom het om hul gemeenskap te verbeter.

Wie weet – dalk is jou gemeenskap een van dié wat danksy Lottoland ’n kans op so ’n droomprojek gaan kry, wat hul vlerke nog weier sprei om meer opbouende bydraes tot ons mooi Suid-Afrika te ondersteun.

Lottoland het reeds sy staal getoon met die kykNET-goedvoelprogram Dankie, Lottoland, waardeur miljoene rande aan instansies of mense in nood geskenk is. Boonop is Lottoland vanjaar die hoofborg van kykNET se gewilde Kwêla- dorp van die jaar-kompetisie waar die wendorp R1 miljoen van dié organisasie sal ontvang.

Die soort projekte wat aan Lottoland help ’n dorp voorgelê kan word, sluit in:
. ’n gemeenskapsentrum,. biblioteek,. sportgeriewe,. opleidingsentrums,. hulp aan ’n bestaande sentrum of organisasie wat die dorp se inwoners dien, soos ’n plaaslike skool, dierewelsyn-organisasie of ouetehuis,. gemeenskapstuine,. herwinningsprojekte,. die opknapping van historiese geboue of toeristebesienswaardighede, en. hernubare-energie-projekte, soos byvoorbeeld sonkrag.

Reëls
. Slegs Suid-Afrikaanse dorpe kan inskryf.. Elke dorp moet benoem word deur ’n komitee van inwoners wat die dorp en die droomprojek verteenwoordig. . Die droomprojek(te) moet volhoubaar wees en die dorp moet in geheel daarby baat vind. . Die droomprojek(te) moet binne vier weke ná goedkeuring uitgevoer en voltooi word. . Die voorgestelde projek mag nie die maksimum begroting van R500 000 oorskry nie. . Komiteelede moet self vooraf die nodige toestemming bekom indien die projek op munisipale grond of op eiendom wat deur ’n derde party besit word, bedryf gaan word.

Die vervaardigers en Lottoland help ’n dorp sal 13 dorpe uit die kwalifiserende inskrywings kies.

Oorweging sal geskenk word aan die projekvoorstel se volhoubaarheid, gemeenskapsbetrokkenheid en uitvoerbaarheid. . Besoek www.kyknet.tv vir verdere inligting en die bepalings en voorwaardes, of stuur ’n e-pos-boodskap na dankielottoland@gmail.com.

Inskrywings sluit om middernag op Vrydag 30 Junie 2023.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article