Weslander het vanjaar sy lesers gevra om te help om ’n lys saam te stel van hul gunsteling-eetplekke, -kuierplekke en ontspanningsaktiwiteite aan die Weskus.
Die beste advertensie is natuurlik ’n goeie verwysing ná ’n aangename ervaring.
. Kom stap deur ’n pragtige feetjieland met paddastoele, kabouters en ander sprokieskarakters by die Fairy & Pixie Village in Jacobsbaai. Veral kinders sal hierdie uitstappie geniet.
Terwyl die kinders op ’n verbeeldingsvlug saam met die feetjies in hul natuurlike woud-habitat gaan, kan die grootmense die talent en bekwaamheid van die innoverende kunstenaars geniet wat die feetjiewêreld help skep en voortdurend tot die uitstalling met nuwe skeppings bydra. Skakel 073 302 5835 vir meer inligting.
. Come and spend a night under the stars in Jacobsbaai without giving up your comfort. The Oasis Boutique Backpackers specialises in glamping. A-Frame tents provide a quiet area where visitors can watch the stars light up the night sky. Enquire about your session to make use of our stargazing telescope. Phone 073 302 5835 for more information.
. Friday Island is ’n strandfront-restaurant in Langebaan wat heerlike kos in ’n ontspanne atmosfeer voorsit en mense kan nie uitgepraat raak oor die uitsig nie, veral die sonsondergange wat op die restaurant se stoep geniet kan word met ’n skemerkelkie in die hand. Daar is ook verblyf op die perseel. Skakel 022 772 2634.
. Eet regte-egte outydse wegneemete vis-en-tjips onder die afdakkies teen die hoofstrand in Paternoster. As jy eerder vis- en-tjips of seekos by ’n aansit-restaurant wil eet, hoef jy nie verder as die Weskus te soek nie. Die meeste van die streek, insluitend Paternoster, se restaurante is bekend vir vis en ander seekos.
. Die restaurant op die derde verdieping van Hoedjiesbaai Hotel in Saldanha bied heerlike, bekostigbare kos en ’n onverbeterlike uitsig oor Saldanhabaai. Die restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete. Skakel 022 714 1271.
. The owners of the Stonehaven Eco Farm in Longacres Langebaan started the farm to teach nature education and raise awareness about preserving nature and food sources. Bring the kids to feed the animals, have fun on the water slide and play in the unique outdoor play area. All activities are designed to overcome fear. Stonehaven Eco Farm is a great kids party venue. Send a WhatsApp to 082 323 4361.
. Boekwurms en leesgieriges kan gerus hul plaaslike biblioteek besoek soos voorgestel deur een van Weslander se lesers. Dis ’n puik sakpas-idee vir die vakansie, veral aangesien ’n hele paar plaaslike biblioteke in die afgelope jaar groot opknappings ondergaan het en ook gratis Wifi bied. By Piketberg se biblioteek is daar onder meer nou ’n heerlike leeshoekie in ’n mooi tuin waar lesers ook gratis toegang tot die internet het.
. Some say Sandstone Café is Saldanha’s best kept secret. Come and enjoy a meal in a relaxed environment while you take in the breathtaking view of the bay. The establishment is well known for great live entertainment and especially for their decadent luxury milkshakes. Phone 022 714 1574.
. Die West Coast Mystery Room by die Hoedjiesbaai Hotel in Saldanha is ’n heerlike span-aktiwiteit vir gesinne met tieners, groepe vriende of kollegas. Dis uniek en bekostigbaar en is ’n ervaring wat jy nie gou sal vergeet nie. Volg die leidrade en los die raaisels op om binne ’n uur uit die kamer te ontsnap. Daar is twee kamers om van te kies. Skakel 022 714 1271.
. Visit the Paternoster Waterfront to buy fresh fish, enjoy a freshly brewed cappuccino at the coffee shop and visit the lifestyle shop or art shed. Explore Paternoster on a Wow-ebike or take a kayak trip. Shows at Die Koelkamers are also legendary. For more information about the waterfront, contact 022 752 2616. Contact Die Koelkamers on 082 554 0775.
. Daar is in die feestyd tot 15 Januarie ’n pretpark by Club Mykonos in Langebaan wat vir dagbesoekers van 10:00 tot 22:00 oop is. Dis ’n pretuitstappie vir die hele gesin. Skakel 083 423 8275.
. Die Seester Kombuis in St. Helenabaai het die heerlikste koek. Skakel 022 736 1053.
As jy nie jou gunsteling-Weskus-ervaring hier sien nie, het jy dit heel waarskynlik nie genomineer nie.
Daar is hope ander wonderlike Weskus-ervarings om te geniet, so hou gerus die plaaslike Weskus-toerismekantore se sosialemediablaaie dop.
Besoek ook www.westcoastway.co.za om meer uit te vind oor die Weskus se kosroete, kultuurroete, wilde roete en trekkerroete.



