Die Seeskulpie-kinderontwikkelingsentrum in Langebaan met die oes.


Die Seeskulpie-kinderontwikkeling­sentrum in Langebaan se leerders het die laaste week van skool hul aartappels wat hulle geplant het geoes.

Die graad R-leerders was baie bly oor die oes en almal het ingespring om dit uit die grond te haal, te was en vir die kombuispersoneel te gee.

Die kombuispersoneel het hulle met gebakte aartappelskyfies verras.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article