Personeel van Langebaan Primêr het al te fraai gelyk in hul kleurvolle klere ter viering van Wêreldonderwysersdag.

Spesiale dag sal blindes help

Personeel van Langebaan Primêr het al te fraai gelyk in hul kleurvolle klere ter viering van Wêreldonderwysersdag.

Wêreldonderwysersdag is die afgelope Vrydag (17 Oktober) by Langebaan Primêr gevier.

Die skool het sy onderwysers vereer en hulle almal vir die ongelooflike werk wat hulle elke dag doen om die leerders te inspireer en te lei, bedank.

Terselfdertyd het die skool ook Sonbrildag gevier. Leerders het hul ondersteuning getoon deur hul sonbrille met trots en vir ‘n goeie doel te dra.Alle geld wat ingesamel is, sal direk aan die Suid-Afrikaanse Gidshond-vereniging geskenk word om individue met siggestremdhede te help.

Leerders van Langebaan Primêr spoggerig met hul sonbrille.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article