Die Langebaan Stars-gimnastiekklub het onlangs aan die Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskap deelgeneem en goed presteer.
Die kampioenskap, wat Sondag 14 Augustus gehou is, is in Stellenbosch aangebied met gimnaste van reg oor die provinsie wat meegeding het. Vier plaaslike gimnaste het die span gehaal wat in Oktober aan die SA Spele in Centurion, Pretoria, gaan deelneem.
Rhene van der Merwe, Ankia van Zyl en Amahle Shumani het hul afdeling (vroue; vlak 5, 13 jaar en jonger) by die kampioenskap gewen.
Ankia en Rhene was saam ook tweede in hul afdeling (vroue; vlak 5, 11 jaar en jonger).




