Die graad 2-leerders het hul besoek aan die Giraffe House geniet.Foto:


Die graad 2-leerders van Laerskool Langebaanweg het onlangs na die Paarl gereis om meer oor wilde diere te leer en ’n paar slange, paddas en ’n kameelperd te ontmoet.

’n Paar dapper leerders het op die opvoedkundige uitstappie na Giraffe House die kans gebruik om ’n slang of twee vas te hou, terwyl een gelukkige padda selfs ’n soen van ’n juffrou gekry het (maar nié in ’n prins verander het nie).

Die skool het die span wat alles gereël het bedank. Dit was glo ’n ervaring wat min van die leerders sal vergeet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article