Die Boland-atletiek-landloopkampioen­skap het Saterdag (10 Augustus) in snerpende koue en reën in die Daljosafat-stadion in Paarl plaasgevind.

Die Langebaan-atletiekklub was goed verteenwoordig met meer as 70 junior en senior atlete wat deelgeneem het.

Die uitslae van die leerders met spesiale behoeftes (LSEN) en seniors was teen druktyd nog uitstaande.

Nie-amptelik is sowat 18 junior atlete ingesluit in die Boland-atletiek-skole- landloopspan vir die Wes-Kaapse Skole Landloop-kampioenskap vir Saterdag 31 Augustus by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes.

Die volgende atlete van die Langebaan-atletiekklub het goud verwerf en is as Boland-kampioene aangewys:

Caydon Vraagom (Langebaan Primêre Skool), Justin Andrews (Jurie Hayes Primêre Skool), Clinton Phillips (Hopefield Primêre Skool), Angell Pholman ( Langebaan Primêre Skool), Evan-Lee Berling (Langebaan Primêre Skool) en Ashali Pholman en Divano Fallett (die Hoërskool Weston).

Die ander atlete wat die span gehaal het, is soos volg:

Reagan Thomas (Jurie Hayes Primêre Skool), Amissa Linnert (Jurie Hayes Primêre Skool), Xavier Lewis (Langebaan Primêre Skool), Leandro Alexander (Laurie Hugo Primêre Skool), E-Jay Julies (Jurie Hayes Primêre Skool), Elrich Jantjies (Sederberg Primêre Skool), Ashante Fortuin (Sederberg Primêre Skool), Charnique Cloete (Clanwilliam Sekondêr), Sanwill van Wyk (Langebaan Primêre Skool), Samantha Dollie (Hoërskool Weston) en Brandon Beukes (Sederberg Primêre Skool).

Christopher Rodgers, voorsitter van die klub, wens alle atlete en afrigters sterkte toe met hul voorbereiding vir die Wes-Kaap-kampioenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article