Die Vrouelandbouvereniging se tak in St. Helenabaai het Dinsdag (17 Junie) kleurvolle, kreatiewe skeppings na ‘n praatjie gedra.
Die uitrustings moes “Dra die see op jou kop” uitbeeld, wat groot pret opgelewer het.
Die gassprekers was Tracy Whitehead, reddingsbestuurder, en Tahlita Noble, bewaringsbestuurder, van die Turtle Conservation Centre by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad.
Hul inspirerende praatjies was deel van die maandvergadering met landbou en tuinbou as tema.
Elke maand se vergadering handel oor ‘n ander tema.







