Die Weskus se eie Carols by Candlelight word op Sondag 15 Desember aangebied.

Herleef die gebeure van daardie aand in Betlehem en sing jou gunsteling-Kers­liedere saam met die gaskunstenaar, Amira Willighagen, ’n internasio­naal bekroonde engelstem.

Die geleentheid word deur die kinderbesker­mings­organisasie Badisa Weskus aangebied ten bate van mishandelde en verwaarloos­de kinders in die Vreden­burg-, Saldanha-, Langebaan- en Velddrif-gebiede.

Sluit by hulle aan vir hierdie gesinsvriendelike buiteluggeleentheid by die Saldanha militêre basis se sportterrein om die aand wat die Verlosser gebore is, te vier.

– Bring jou kampstoele of komberse om op te sit.

– Koop jou aandete by die verskillende kosstalletjies by die geleentheid.

– Pak ’n piekniekmandjie om saam te bring.

Kaartjies beskikbaar by www.weskustickets.co.za en kos R150 per volwassene en R75 per skoolgaande kind.

Twee wenners het ook ’n kans om twee stelle kaartjies te wen deur die volgende vraag te beantwoord: Wat is die naam van die kunstenaar wat op Sondag 15 Desember by die Saldanha- militêre basis gaan optree?

Stuur jou antwoord na 082 576 0453. Die kompetisie sluit Donderdag 5 Desember om 12:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article