Terwyl die meeste gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) in die Weskus-polisiedistrik reeds nuwe besture gekies en jaarvergaderings gehou het, is daar nog ’n paar wat moet plaasvind.
Kom sê oor hoe misdaad in jou dorp hanteer moet word. Onthou, almal word uitgenooi om dit by te woon, maar net geregistreerde organisasies en ondernemings sal mag stem.
Die Darling-GPF vergader vanaand, 21 November, in die Darling Civic Hall om 18:00, die Porterville-GPF aanstaande Woensdag (27 November) in die N. Otto-gemeenskapsaal om 18:00 en Elandsbaai-GPF op Donderdag 28 November om 18:00 by die polisiekantoor.




