'n Bekkige kind. Foto: Unsplash
‘n Bekkige kind. Foto: Unsplash

Die bekkigste kind van gr.1-3 in die Saldanhabaai- en Bergrivier- munisipale gebiede kan vier toegangskaartjies vir vanjaar se Fynbosskou in Hopefield (van 28-31 Augustus) wen.

Die kind moet in ‘n video of stemnota sê wat hy of sy dink ‘n “koekemakranka” is. Los maar Wikipedia uit. Dit moet die kind se eie woorde en idees wees.

WhatsApp die video of stemnota na 082 576 0453, saam met die deelnemer se naam, van, graad en by watter skool hulle skoolgaan.

Die wenner sal op Donderdag 28 Augustus aangekondig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article