Heidi de Jager speel strelende musiek terwyl die leerders progressiewe spierontspanning beoefen.


Badisa Weskus het voorverlede Woensdag (10 Mei) die Laerskool Noordhoek in Velddrif besoek om die derde sessie van ’n persoonlike ontwikkelingsprogram aan ’n uitgesoekte groepie leerders te bied.

Met hierdie derde sessie van die program is op ’n praktiese manier aan die groep gewys hoe belangrik empatie vir ander mense is, asook hoe bewustheid van hul eie gedagtes en gevoelens hul optrede en gedrag positief of negatief beïnvloed.

Die leerders het hul “superkragte” ontdek, wat onder andere geduld, liefde, gehoorsaamheid, omgee, entoesiasme, vriendelikheid en respek insluit.

Hulle is ook gewys hoe om lekker te ontspan deur progressiewe spierontspanning toe te pas. Dit is ’n selfregulerende tegniek wat hulle met kalmerende agtergrondmusiek beoefen en baie geniet het.

Heidi de Jager, ’n maatskaplike werker by Badisa Weskus, en die hulp- maatskaplike werker Nzondi Ngalwana het die sessie aangebied. Die skoolhoof, Mervyn Ruite, sê dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe die leerders die lewensvaardighede wat hulle geleer het op die skoolterrein toepas.

Die vierde en laaste sessie is Woensdag 17 Mei aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article