Bestanddele
500 g Lampotjie-kneukels
1 ui, gekap
10 brandrissies, gekap
4 tamaties
2 takkies kerrieblare
1 bossie koljander, gekap
1 e knoffel-en-gemmer-mengsel
1 t suiker
¾ t borriepoeier
2 t koljander-en-komynpoeier
2 t brandrissiepoeier
3 e masala
1 t garam-masala
1 kaneelstokkie
3 kardemompeule
½ t heel vinkelsaad
3 e olyfolie
1 aartappel, gesny
Metode
Braai uie, die helfte van die brandrissies, ’n takkie kerrieblare en die koljander-en-komynpoeier, kaneelstokkie en kardemompeule in ’n pot. Verpulp die tamaties, die tweede takkie kerrieblare en res van die brandrissies in ’n aparte houer.
Voeg die knoffel en gemmer by die pot en laat kook vir 2-5 minute; voeg dan die res van speserye by.
Laat kook vir 2-5 minute, voeg dan die vleis en aartappels by en kook vir nog 10 minute. Voeg die tamatiemengsel en water by. Gooi nou suiker by. Kook met deksel op vir 20 minute en voeg dan ¾ bossie koljander en 1 t sout by. Laat vir 20 minute kook. Voeg oorblywende koljander by; proe vir sout.
Sit voor in uitgeholde brood.





