Van links het Jade Kruger van LCE-rolbalklub en Jacques Keyser, Paula Viljoen en Eljana Kayser van die Porterville-rolbalklub die Weskus verteenwoordig.


Weskus-rolbal se junior span het onlangs aan die Wes-Kaapse provinsiale rolbaltoernooi deelgeneem en die streek goed verteenwoordig.

Die Envar Buys-toernooi is in Kaapstad gespeel. Hier het die jong spelers in die o.18-afdeling deelgeneem en teen spanne van die Westelike Provinsie, Eden, die Overberg en die Kaapse Wynlande meegeding. Op die dag het die Kaapse wind só gewaai dat die kompetisie van die Glen-rolbalklub in Clifton na Meadowridge in die suidelike voorstede toe moes skuif.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article