Victor Ludorum Juan le Roux (o.13) en Victrix Ludorum Zharia Londt (o.13).

Vier leerders van die Laerskool Vredenburg is aangewys as die junior en senior Victor en Victrix Ludorum-wenners op dié skool se Kleure-atletiekdag wat Saterdag 17 Januarie plaasgevind het. Hierdie leerders het op die byeenkoms die meeste punte met uitstekende prestasies ingesamel. Emma Kellerman het ook die rekord vir die o.9-meisies in 80 m geëwenaar, ‘n besondere prestasie. Die skool is ongelooflik trots op elkeen van hulle vir hul toewyding, harde werk en sportgees deur die dag.

Victrix Ludorum Emma Kellerman (o.9) en Victor Ludorum Mason Drotskie (o.9).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article