‘n Opvoedkundige sessie oor geslagsbaseerdegeweld en menshandel is deur rolspelers in Piketberg aangebied.

Die Bergrivier-munisipaliteit (BM) het Maandag (8 Desember), in vennootskap met die Gene Louw-verkeerskollege, ‘n opvoedkundige sessie oor geslagsgeweld en mensehandel vir plaaslike jeugdiges en leerders by die Allan Boesak-gemeen- skapsaal in Piketberg aangebied.

Volgens die BM raak hierdie probleme gemeenskappe dikwels stilweg omdat hulle gereeld ongemerk verbygaan en in baie gevalle nie aangemeld word nie.

“Dit maak bewustheid en opvoeding noodsaaklik. Dit is veral belangrik vir kinders en tieners wat dikwels meer kwesbaar is. Die BM beoog deur hierdie bewusmaking om jongmense met die kennis en selfvertroue wat hulle nodig het om hulself en ander te beskerm, te bemagtig.

“Die sessie het verduidelik hoe om vroeë waarskuwingstekens te herken, riskante situasies te verstaan ​​en betroubare bronne vir professionele hulp te identifiseer.

Wets- toepassingsbeamptes doen ‘n beroep op kinders, tieners en ouers om ekstra versigtig te wees en hul instinkte te vertrou. “Deur waaksaam te bly, na mekaar om te sien en verdagte gedrag aan te meld, kan die gemeenskap help om ‘n veiliger en meer aangename feestyd te verseker,” sê die DM in ‘n verklaring.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article