Jade Kruger saam met Tom Tromp, die president van Boland Rolbal.Foto:


Die Weskus het vanjaar die eer gehad om die jaarlikse Boland Junior-meester-rolbaltoernooi aan te bied, en die plaaslike speler Jade Kruger het veral uitgeblink.

Deelname aan hierdie gesogte kompetisie vind slegs op uitnodiging plaas en deelnemers moet in ander Boland-eindstryde presteer om te kwalifiseer. Die kompetisie het bestaan uit 12 o.30- en 12 o.18-spelers, wat elk in twee afdelings ingedeel is.

Die toernooi is vandeesmaand op die Langebaan Country Estate (LCE) deur die plaaslike klub aangebied.

Jade, van die LCE-rolbalklub, het deur die seisoen uitstekend presteer en ’n welverdiende uitnodiging in die 0.18-afdeling ontvang. Sy het in die rondomtaliefase uitmuntende spel gelewer en al vyf haar wedstryde gewen. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat sy aan die einde van die eerste dag so ver voor was dat niemand haar kon inhaal nie en sy het sodoende haar afdeling loshande gewen.

In die halfeindstryd was dit tande kners nadat sy en haar teenstander ná 18 koppe gelyk was, met net een stel elk en ’n valbylpot van drie koppe gespeel moes word – wat sy toe deurgehaak het. In die eindstryd vir goud was dit weer eens baie naby en Jade het net-net verloor en met ’n welverdiende silwermedalje weggestap.

“Baie geluk Jade; om tweede in die hele Boland te eindi, is uitstekend en die Langebaan Country Estate-rolbalklub is baie trots op jou,” het die klubbestuur gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article