’n Vrou het op 10 Junie 2022 haar lewe verloor in ’n noodlottige motorongeluk by die Jacobsbaai-aansluiting. Weslander het in Junie 2022 oor die voorval berig asook oor verskeie botsings wat in die Weskus gebeur het (“Vier dood, talle beseer,” 16 Junie 2022). Volgens Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, is die saakdossier op Donderdag 22 Junie vanjaar na die senior staatsaanklaer gestuur vir beslissing en die saak is teruggetrek. Die oorledene se pa doen ’n beroep op enige ooggetuies wat dalk meer inligting oor die ongeluk het om hom by 083 458 7215 te kontak.


Inligting gesoek oor dié ongeluk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article