Met messe gedreig en in ’n badkamer verkrag . . .
’n Vrou in haar twintigerjare van Langebaan het Maandagoggend ’n nagmerrieondervinding oorleef ná sy en haar suster glo deur twee inbrekers oorval is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die plaaslike polisiekluster het dié voorval in die donker oggendure van 2 Mei omstreeks 02:00 gebeur.
Die susters is volgens hul verklaring deur gewapende rowers met messe gedreig en geld is by hulle geëis. Een van die verdagtes het een van die susters na ’n badkamer in die huis geneem waar hy haar glo verkrag het. Die verdagtes het daarna met R1 000 in kontant gevlug.
Die polisie ondersoek tans ’n saak van huisroof en verkragting.



