Houtstok FM het onlangs die tweede keer in drie jaar die gesogte South African Country Music Artist Federation-toekenning vir die publiek se gunsteling-country-radiostasie in Suid-Afrika gewen. Cecily Immelman (foto), ook bekend as “Rissiepit”, het die toekenning vir die tweede keer namens Houtstok FM ontvang. Die geleentheid het Woensdag 30 Oktober in Pretoria plaasgevind. Dit was slegs die tweede keer dat Houtstok FM vir die toekenning benoem is. Die wenner word gekies deur die publiek self wat jaarliks aanlyn oor ’n tydperk van twee maande stem. Alle radiostasies – kommersieel, gemeenskapsradio en aanlyn radiostasies – mag benoem word.. Die Houtstok-span wil al hul getroue luisteraars op FM en aanlyn vir hul ondersteuning bedank. “Sonder hulle kon ons nie hierdie hoogtes bereik nie,” sê Houtstok FM.Foto:


Houtstok bobaas in country

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article