Die Hoërskool Hopefield se gees-komitee en die waarnemende hoof, Jacques Rossouw, glimlag breed. Die Hoërskool Hopefield, Curro Langebaan, die Hoërskool Piketberg, die Hoërskool Vredenburg en Topolino Privaatskool het aan die jaarlikse interskole-atletiekbyeenkoms meegeding, wat verlede Dinsdag (11 Februarie) op die Hoërskool Hopefield se sportveld beslis is. Puik atletiek het verseker dat toeskouers die heeltyd op hul voete was. Hopefield het die hoër- en laerskool-bekers verower.


Hopefield kraai koning in interskole-byeenkoms

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article