Hoopsig se kinders in Paternoster het die jaar op ’n hoë noot afgesluit met hul jaarlikse Kersfees-afsluitingsgeleentheid. Kersvader (Adrian Venter) en Patches, die bekende hond in die dorp, het die kinders besoek. Die kinders het pret gehad op die verhoog en gaste vermaak en die Hoopsig-span saam met Duitse vrywilligers het als gedoen om die dag onvergeetlik te maak. Meer as honderd leerders het dié spesiale Kersfees-afsluitingsgeleentheid in die Paternoster-gemeenskapsaal geniet. Foto:


Hoopsig-kinders geniet afsluiting

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article