Maaltye is maklik en vinnig wanneer jy ’n lugbraaier gebruik. Hier is twee resepte vir sommer vinnige en lekker voorgeregte, ideaal vir onthaal of uitstappies in die somermaande.

Buffalo-hoenderhappies

2/3 koppie suurroom

¼ koppie bloukaas-slaaisous

¼ koppie gekrummelde bloukaas

1 steel seldery, opgekap

450 g hoender

3 eetlepels BBQ-sous

1 koppie broodkrummels

2 eetlepels olyfolie

Meng die suurroom, slaaisous, bloukaas en seldery saam. Meng die hoender en BBQ-sous in ’n ander bakkie totdat die hoender goed bedek is. Meng die olie en broodkrummels in ’n vlak bakkie of bord. Rol dan die hoenderstukkies in die krummels.

Braai in die lugbraaier by 180 °C vir 7-9 minute tot gaar en goudbruin.

Vlerkies met ’n skop

8 hoendervlerkies

1 eetlepel olyfolie

1/3de koppies bruinsuiker

2 eetlepels heuning

1/3de koppies appelasyn

2 knoffelhuisies

½ teelepel brandrissie-vlokkies

¼ teelepel sout

Bedek die vlerkies in olie en bak daarna in die lugbraaier by 200 °C vir 20 minute. Klits die suiker, heuning, appelasyn, brandrissie en sout in ’n aparte bakkie saam. Haal die vlerkies ná 20 minute uit en bedek met die sous.

Braai dan vir nog 5 minute.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article